Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 24 FEBRUARIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin met die bulletin met die nuus van twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutels van Charl Cilliers, ZS1RE van Kuilsrivier en Nick van Rensburg, ZS6NVR van Potchefstroom die afgelope week stil geword het. Charl was altyd aktief op die herhalers in die Wes-Kaap. Nick sal onthou word as 'n goeie vriend en radio amateur deur sy vriende en klublede.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan hul gesinne en vriende en ons dink aan Nick se vrou Issie en hul seun Wouter.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL RTD KOMPETISIE VANMIDDAG

ERVAAR DIE EERSTE AMATEUR RADIO GEOSTASIONÊRE SATELLIET

en

DIE SARL HAMNET 40 M GESIMULEERDE NOOD KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL RTD KOMPETISIE VANMIDDAG

Die SARL RTD kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en moedig QSO’s aan met RTD. Die kompetisie vind vanaf 14:00 tot 17:00 UTC plaas met aktiwiteite op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en jou ruitvierkant (bv. KG41) en jy kan ‘n stasie een keer per band werk. QSO’s met stasies in Suider-Afrika is 3 punte werd en QSO’s met DX-stasies is 1 punt werd. Jou logstaat moet teen 4 Maart ingedien word by contest@sarl.org.za. Die volledige stel reëls is op bladsy 34 van die 2019 SARL Blouboek. Stel vir jouself 'n doelwit - Werk alle ZS, die 2019 Werk Sone 39 en/of Werk alle Ruitblokke op RTD!

DIE 2019 DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Ontsluit amateur radio-tegnologie. Op 13 April sal die SARL 'n simposium in Stellenbosch aanbied met die tema “Unlocking Amateur Radio Technology.” Dit is 'n oproep vir referate. Indien jy belangstel om jou kennis en ervaring in nuwe Amateur Radio-tegnologie te deel, stuur asseblief 'n kort opsomming voor 28 Februarie 2019. Stuur jou voorstel aan Deon Coetzee by pcoetzee715@gmail.com.

Registrasie vir die SARL AJV begin Saterdagoggend om 07:00 by die Datavoice-ouditorium in Technopark met die algemene jaarvergadering om 09:30. Terwyl die AJV in sessie is, gaan die eggenote JC le Roux besoek vir 'n sjampanje- en nougat proe. Gedurende die middag kan jy 'n keldertoer by die Blaauwklippen Kelders bywoon of die vergadering van ZS SOTA bywoon. Ander belangegroepe is welkom om gedurende die middag vergaderings te reël, stel asseblief die Liga Sekretaris in kennis van die vergadering vir die program.

Die SARL Toekenningsdinee sal Saterdagaand by die Stellenbosch Gholfklub langs die Technopark gehou word. Die Boland-ARK stel voor dat lede van buite die dorp van AirBNB en ander sulke webwerwe gebruik maak om die naweek in Stellenbosch te akkommodeer.

Die 2019 AJV-boekie van 2019 sal op Vrydag 1 Maart 2019 afgelaai kan word. Hierdie dokument bevat al die AJV-inligting asook die toekennings en trofeë wat by die Toekenningsdinee oorhandig sal word.

ERVAAR DIE EERSTE AMATEUR RADIO GEOSTASIONÊRE SATELLIET

Stel jou voor DX werk na baie dele van die wêreld, 24 uur per dag, met 'n antenna wat nie groter is as 'n DSTV-skottel nie. Om eerstehandse blootstelling te kry en toegang tot inligting oor hoe om 'n goedkoop grondstasie te bou, registreer vir die AMSAT SA-Ruimtesimposium. Dit sal op 16 Maart 2019 in Midrand, Gauteng gehou word. Volledige besonderhede, die program en die registrasievorm is beskikbaar by www.amsatsa.org.za. Baie ander referate sal aangebied word, baie met praktiese demonstrasies. Daar is goeie bywoningsprysse wat gewen word, geborg deur Sam's Radio. AMSAT SA is ook trots om aan te kondig dat die 2019 AMSAT SA Ruimtesimposium deur die SAIEE, soos per ECSA-beleid, onder nr. SAIEE-2479-V valideer is.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

WERK ALLE STATE OP 60 M

André Botes, ZS2ACP, berig dat dit hom 55 minute geneem om die 50 Amerikaanse state op 60 meter te werk op FT8 vir sy Werk Alle State-toekenning en sodoende die eerste Suid-Afrikaanse amateur om WAS op 60 meter te bereik. Wel gedaan Andre!

DIE MAART 2019 UITGAWE VAN RADIO ZS

Die Maart 2019-uitgawe van Radio sal vanaf Maandag 25 Februarie 2019 afgelaai kan word. In hierdie uitgawe kan jy lees oor die Noord-Kaapse ARK wat hul tiende verjaardag vier, die laai van elektriese motors is nie sonder sy uitdagings nie en 'n oorsig van die HT-1A 20/40 m dubbele band gelykgolf QRP send/ontvanger. In Satelliet Nuus kan jy lees oor die suksesvolle lansering van Es'hail Sat. In BHF/UHF Nuus kyk ons na die miete van BHF Lyn van Sig en ons wys jou wat om te doen met die ou telefoon laaiers. Ons kyk na 'n reën-guit lus antenna en die reëls van die nuwe Woensdag 80 m naelloop. Dit en meer in die Maart 2019 Radio ZS.

DIE SARL HAMNET 40 M GESIMULEERDE NOOD KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

Die SARL Hamnet 40 m-kompetisie is 'n ESB-kompetisie en is oop vir alle radio-amateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marion-eiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs QSO’s met hierdie gebiede sal tel. Die kompetisie vind plaas vanaf 12:00 tot 14:00 UTC op Sondag 3 Maart 2019 met foon aktiwiteit in die band segmente 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz.

Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stilstaande mobiele stasie; 'n enkele operateur draagbare stasie; 'n multi-operateur draagbare stasie of 'n enkele operateur basis stasie. Die uitruiling is 'n RS-verslag, gevolg deur 'n drie-syfer nommer soos per deelname kategorie. Die telling bestaan uit punte wat uit alle kontakte geakkumuleer word, vermenigvuldig met 'n vermenigvuldiger. Die vermenigvuldiger bestaan uit die aantal roep areas wat gewerk word, vermenigvuldig met 'n krag vermenigvuldiger.

Logstate moet teen 10 Maart 2019 per e-pos aan contest@peham.co.za ingedien word. Kry die volledige stel reëls op bladsy 36 van die 2019 SARL Blouboek.

ANDER KOMPETISIES IN MAART

Die eerste been van die SARL YD Naelloop is om die Internasionale Vrouedag (8 Maart elke jaar) te vier en sal op Saterdag 9 Maart 2019 van 12:00 tot 14:00 UTC op die lug wees. Oor die naweek van 9 en 10 Maart, kan jy deelneem aan die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie en vir die gelykgolf entoesias is daar die 82ste RSGB Statebond kompetisie. Op Woensdag 20 Maart word die eerste Woensdag 80 m-naelloop gehou vanaf 17:00 tot 18:00 UTC, sien bladsy 36 van die March Radio ZS vir die reëls.

LIDMAATSKAP AANSOEKE

Die SARL het lidmaatskap aansoeke van Rehan Nieuwoudt, ZS1RWN; Heather Holland, ZS5YH en Gabriël Marais, ZS6GJM ontvang. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga-sekretaris bereik voor die Woensdag na van hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag - die SARL RTD kompetisie.
27 Februarie - Internasionale Melktert Dag.
28 Februarie - einde van die vroeë besprekings vir die Ruimte Simposium; sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies en referaat opsommings vir die SARL Simposium.
1 Maart – die 2019 SARL AJV Boekie beskikbaar gestel.
2 en 3 Maart - die ARRL DX Foon kompetisie.
3 Maart - die SARL Hamnet 40 m kompetisie.
4 Maart - die sluitingsdatum vir die RTD kompetisie logstate.
9 Maart - die SARL YD Naelloop.
9 en 10 Maart - die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie en die 82ste RSGB Statebond kompetisie.
11 Maart - sluitingsdatum vir SARL Hamnet logstate.
16 Maart - AMSATSA Ruimte Simposium.
20 Maart - die SARL Woensdag 80 m naelloop.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL RTD kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en moedig QSO’s aan met RTD. Die kompetisie vind vanaf 14:00 tot 17:00 UTC plaas met aktiwiteite op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en jou ruitvierkant (bv. KG41) en jy kan ‘n stasie een keer per band werk. Die volledige stel reëls is op bladsy 34 van die 2019 SARL Blouboek.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003